Die Tracing History Trust en die VOC-Daghregisters

Helena Liebenberg - voordrag gelewer op Saterdag, 15 Oktober 2016 tydens ’n byeenkoms van die Orde van den Prince, Afdeling Kaap de Goede Hoop gehou by SASNEV, Pinelands, Kaapstad

Beste Taaloorders

Die tyd wat verloop het sedert die vorige nuusflits aan die einde van Augustus is gevul met 'n verskeidenheid, vir my altans, belangrike sake.

Eerstens, hartlik dankie aan elke persoon wat THT-CD's bestel het! Dit was te wonderlik om soveel belangstelling uit soveel verskillende oorde te ervaar, soms bestellings om die bestaande stel aan te vul, of 'n volledige stel as groot bederf. Vir vriende wat stamboomnavorsing doen, is hierdie CD's 'n baie ryk bron van inligting en ons waardeer die ondersteuning uit hierdie geledere sommer baie.

Tweedens, deel ek graag die goeie nuus dat die Wits VC Daghregister Project wat ons verstande en hande baie besig gaan hou vir die volgende twee jaar, amptelik in November begin. In die aangehegte dokument word meer inligting oor hierdie asook ander bedrywighede verskaf.

Maar, die eintlike rede vir dié nuusbrief is om te vertel dat die Tracing History Trust se nuutste CD (nr. 6) amptelik op Saterdag, 15 Oktober 2016 by SASNEV, Pinelands, bekend gestel is aan lede van die Orde van den Prince, genooide gaste, waaronder borge en spanlede, asook belangstellendes – die Kleinsaal gevul met vriendelike gesigte. Die CD is geborg deur die Van Ewijck-stigting en die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, onderskeidelik verteenwoordig deur mnr. Piet Westra en mev. Petro Corejees-Brink wat elk 'n komplimentêre CD namens hulle organisasies ontvang het. Baie dankie vir elkeen se teenwoordigheid by die geleentheid wat persoonlik 'n heerlike voorreg was.

Kersbestellings kan enige tyd geplaas word. Moenie te lank wag nie, daar is nog net 8 weke oor.

Met vriendelike groete

Helena Liebenberg
http://www.taaloord.co.za

Die Tracing History Trust en die VOC-Daghregisters

Afbeelding: Die plan van ’n waterbak, ontwerp en geteken deur Kommandeur Zacharias Wagenaer, 1663 (Grote Atlas, bl. 131: NA, 4. VEL 827)