Gastdocentschap Wannie Carstens aan de Universiteit Leiden

Prof Wannie Carstens sal vir die tydperk Februarie tot Mei vanjaar gasdosent oor die Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Leiden wees. Die gasdosentskap is die gevolg van 'n samewerkingsooreenkoms tussen die Universiteit Leiden en die SA Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) waarvolgens daar jaarliks 'n kursus - in die tweede semester van die universiteit - in of die Afrikaanse taalkunde of die Afrikaanse letterkunde aangebied word deur 'n gasdosent uit Suid-Afrika. In 2015 het prof Hennie van Coller (Univ.Vrystaat) Afrikaanse letterkunde aangebied. In 2016 was Afrikaanse taalkunde aan die beurt toe proff Bertus en Susan van Rooy van die NWU die klasse hanteer het. In 2017 is die letterkunde gesamentlik aangebied deur Ingrid Glorie en prof Etienne van Heerden (Univ. Kaapstad).